HOOP, ’n vier letter word met baie krag.
Ja daar is altyd hoop in elke situasie!

Ons Skepper weet van die dieptste pyn wat ons kan ervaar en daar is geen pyn wat Jesus nie kan gesond maak nie.

“Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.” Johannes 1:5

Ons is geskep vir Jesus Christus, ons kom van Hom af en ons gaan terug na Hom toe. As ons Hom volg dan het ons HOOP.

“Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.Johannes 12:46

“In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense.
” Johannes 1:4

Die Here is ons Skepper en al ons vrae is in Sy hand. Laat daar lig wees in jou donker omstandighede…

“U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons.
“Psalm 36:9

“om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede..” Lukass 1:79

“Terwyl julle die lig het, moet julle in die lig glo, sodat julle mense van die lig kan wees.” Johannes 12:36

Daar is HOOP in elke area van jou lewe; in jou
verhouding met God, met jouself, met jou gesin, kollegas en vriende.

Kom ons bespreek saam hoe jy uit jou donker situasie kan kom of om jou te help in die regte rigting.