Vrees, onsekerheid en angs, kan so maklik ʼn kenmerk word van ons elke dag se lewe. Ons is in ʼn noodtoestand en kry baie inligting oor die virus en mense wat sterf. Alles verander voortdurend. Onsekerheid is aan die orde van die dag. Maar jy kan jou eie proses beheer! Hoe?

VERTROU GOD

Kry ʼn tyd elke dag waarin jy stil kan raak en met die Here kan praat.
Bespreek alles wat jou pla en al jou vrese en angs met Hom.
Lees uit die Bybel – net ʼn paar verse en mediteer daaroor.
Bid elke dag.

TREE VERANTWOORDELIK OP

Wees nederig en respekteer ander mense
As jy uitgaan dra ʼn masker. Hou jou sosiale afstand. Disinfekteer jou hande  en was hulle gereeld.

Bestuur al die inligting
Moenie toegee aan slegte gerugte of verkeerde stories nie. Moenie luister na sameswering stories nie.
Luister na kenners wie se integriteit en betroubaarheid bo verdenking is.

Wees aanpasbaar
Pas jou denke en gedrag voortdurend aan.