LOOPBAAN EVALUERING: GRAAD 10: KIES DIE REGTE VAKKE!

Sielkundige evaluerings vir skoliere vir die keuse van vakke vir graad 10.

Elke leerder is uniek, wat hulle eienskappe spesiaal maak is hulle besondere:

  • Aanleg,
  • Belangstellings en
  • Persoonlikheid.

Dieselfde drie areas kan hulle ook help om die regte vakkeuses te maak. Ek kan hulle help om hierdie drie areas te evalueer. Vir elke veld word ʼn sielkundige toets afgeneem.

Die kostes verbonde aan hierdie besondere diens is:

  • 1 persoon = R1 100 pp.
  • 10+ persone = R950 pp.
  • Spesiale aanbod! Vir elke 5 leerders kan een leerder die evaluering gratis kry.

Die evaluering en koste sluit die volgende in:

  • Voltooiing van die 3 toetse (+- 5 ure)
  • Terugvoering sessie van 30 minute per persoon
  • Skriftelike verslag van uitslae en aanbevelings van vakke wat moontlik gekies kan word.

Eksamenpunte, ingesteldheid, studiegewoontes, stokperdjies, verhoudings met andere en bepaalde voorkeure en afkeure speel natuurlik ook ʼn rol in die keuse van vakke.